Based: Cape Town

2017 Merk presies 15 jaar nadat Jak de Priester op die Afrikaanse musiekfront verskyn het met sy trefferliedjie Sally Williams Nougat. 15 Jaar later het hy reeds 9 vollengte studio-albums agter sy naam.
(Alles nuutgeskrewe liedjies uit sy eie pen). 1 Kinderalbum en –dvd, 2 boeke, ‘n paar gewilde kenwysies op die televisie en self die aanbieder van ‘n gewilde reeks op Kyknet getiteld Reis na Gister. Hy vier sy 15 jaar in die bedryf met ‘n splinternuwe album vrystelling getiteld 15.
Die nuwe album bestaan uit 18 splinternuwe liedjies en ‘n paar interessante samewerkings soos met die pianis, Charl du Plessis en sangers Jannie Moolman en Steve Hofmeyr. Die konsert maak hier en daar plek vir ‘n ou bekende oor die laaste 15 jaar – maar bestaan hoofsaaklik uit nuwe oorspronklike liedjies geskryf deur
Jak de Priester. Van tong-in-die-kies soos Niemand neem hul kwalik, tot dieper, ernstiger werk soos Vriendskap se water en die lied Boervrou wat hy vir sy ma geskryf het.
In die liedjie Afrikaans my taal vertel Jak de Priester die storie van hoe hy verlief geraak het op Afrikaans toe hy jare gelede in Londen gebly het en hoe dit ongetwyfeld die taal van sy hart en kuns geword het. In die program Reis na Gister word Jak gereeld geïnspireer deur die lewens van sy gaste en soms kan hy nie anders as om ‘n liedjie te skryf nie. Dié liedjie Stuur liefde aan ou Toks is geïnspireer na sy dag saam met Toks van der Linde in Senekal. En dan is daar ook die temalied van die Koos Roets film Hoener met die rooi skoene.
Die samewerking met Steinway-pianis, Charl du Plessis in die liedjie Bo blink Boogie Woogie maak ‘n lekker vyftigs saamdans treffer in Afrikaans. Nog titels wat die hartsnare mag roer is Kleinmond gedig, As is verbrande hout, Alles vir liefde, My liggaam, Mika se song om net ‘n paar te noem.

Jak de Priester skop 2017 af met ‘n splinternuwe oorspronkike album en sê terselfdetyd dankie vir sy 15 fantastiese jare as sanger en liedjieskrywer in die temalied van die konsert… 15 Jaar met klavier en kitaar!

Related